SKS ENTERTAINMENT sal sorg dat niemand verveeld raak nie.
Dit gaan ‘n musiek fees wees wat julle nie gou gaan vergeet nie. Die sangers is van baie hoë gehalte en hulle kan jou laat langer sit om nog te luister.
Daar sal boerewors rolls, pannekoek en lekkergoed stallietjies wees. Te drinke kan op die perseel aangekoop word.
Pret aktiwiteite vir die kinders soos ‘n springkasteel, swembad en vele meer.
Jammer ons kan ongelukkig geen troeteldiere toelaat nie.
Die fees word aangebied ten bate van Diere beskerming in die Weskus, Serebraal gestremdes in St Helenabaai, Huis Wittekruin, Vredenburg en Kings Cross, Velddrif.